My liefde vir kitare - veral die elektriese kitaar - is gebore toe ek vir die eerste maal die SHADOWS se musiek op die radio gehoor het” sê Clive, toe hy gevra is oor sy nuwe kitaar-CD.
“Wat was daardie ongelooflike klank?” het hy gewonder.
Hy was net twaalf jaar oud toe hy ‘n paar drukke op sy ou bakkitaar kan speel. Hy het foto’s van orkeste in verskeie tydskrifte gesien, maar nie van ‘n kitaar wat diè klank kan maak nie. ‘N Vriend het vir hom vertel van ‘n winkel in die dorp wat ‘n nuwe kitaar in sy venster vertoon. Hy klim op sy fiets - dit was ‘n Saterdagoggend - en deurgekeit dorp toe.
“Daar staan ‘n rooi elektriese kitaar! My hart het gebons - hier staan die towermasjien!” sê Clive. “Ek wou die manjifieke rooi instrument in my hande hou, maar daar was net een probleem: geen geld nie!”
Clive en sy vriende het ‘n orkes gevorm en op danse, partytjies, en troues begin speel. Sy eerste elektriese kitaar was ‘n goedkope tweedehandse een, en hy het elke sent gepaar om eendag die “rooi droom” in sy hande te kan hou.
Oor die jare het Clive vir sy sang bekend geword. Die kitaar was nooit vêr van sy hande nie. Hy het ook besef dat sy liefde vir diè klank word gedeel deur baie mense in gehore oor die hele land.
“Jare gelede het ek besluit om eendag ‘n kitaar-CD op te neem” sê Clive.
Die tyd het nou aangebreek. Hy het die liedjies en keurspele sorgvuldig gekies en bymekaargesit. Al wat hy vra is dat u luister, dans en dit geniet!